Michael V Kalaphates

Michael V Kalaphates
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Goue munt wat vermoedelik tydens Michael V se bewind gemaak is, met Michael wat gekroon word (regs).
’n Goue munt wat vermoedelik tydens Michael V se bewind gemaak is, met Michael wat gekroon word (regs).
Bewind 10 Desember 104120 April 1042
Dinastie Masedoniese
Gebore Omstreeks 1015
Oorlede 24 Augustus 1042 (op 26/27)
Voorganger Michael IV die Paflagoniër
Opvolger Zoë Porphyrogenita

Michael V (Grieks: Μιχαήλ Ε΄; omstreeks 1015 – 24 Augustus 1042) was van 1041 tot 1042 vier maande lank keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die susterskind en opvolger van Michael IV die Paflagoniër en die aangenome seun van hom en sy vrou, keiserin Zoë. Sy bynaam was "die Kalfaatwerker" (Καλαφάτης, Kalaphates; iemand wat nate in houtwerk opvul om te voorkom dat vog deurdring) omdat dit sy pa se oorspronklike beroep was.

Michael was die seun van keiser Michael IV se suster, Maria. ’n Ander oom, Johannes, wat in ’n groot mate namens Michael IV regeer het, en keiserin Zoë het hom aangewys as troonopvolger.[1] Sy oom Michael en Zoë het hom kort voor Michael se dood aangeneem.[2] Michael V het op 10 Desember 1041 keiser geword.[2]

  1. Gregory 2010, p. 276.
  2. 2,0 2,1 Hussey 1966, p. 198.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy